Verstaan verbindings

In Infor Ming.le word gebruikers met wie jy ’n verbinding tot stand gebring het, verbindings genoem.

Om ’n verbinding te maak met ’n ander gebruiker, stuur jy ’n kennisgewing na die gebruiker en die gebruiker aanvaar dan die kennisgewing. Jou kennisgewing word ’n verbindingsversoek genoem. Wanneer jy die verbindingsversoek stuur, kan gebruikers dit op hul voerbladsy en in hul kennisgewings sien, as hulle kies om verbindingsversoekkennisgewings in hul profiel te ontvang. Gebruikers kan die verbindingsversoek van enige van hierdie bladsye aanvaar of weier. Wanneer ’n gebruiker die versoek aanvaar, word die naam van die gebruiker vertoon as ’n Verbinding in jou verbindingspaneel.

Nadat die verbindingsversoek gestuur is en die gebruiker dit aanvaar het, is jy ’n verbinding van daardie Infor Ming.le-gebruiker. As ’n verbinde gebruiker het jy toegang om op daardie gebruiker se voerbladsy te plaas en daardie gebruiker het toegang om op jou voerbladsy te plaas. Jy het ook toegang om plasings met ’n privaatheidsvlak wat op Verbindings gestel is, op ’n gebruiker se voerbladsy te sien.

As die gebruiker die verbindingsversoek weier, ontvang jy nie 'n kennisgewing daarvan nie. As die gebruiker jou verbindingsversoek aanvaar, ontvang jy ’n kennisgewing van die aanvaarding.

Jy kan ’n verbindingsversoek van hierdie liggings af aan ’n Infor Ming.le-gebruiker stuur:

  • Vanaf die Verbind-skakel op jou Gidsbladsy
  • Vanuit die soekresultatebladsy wanneer jy na 'n gebruiker soek
  • Van ’n gebruikerprofiel of voerbladsy van ’n gebruiker met wie jy nie in verbinding is nie
  • Vanuit die Verbindings afdeling van ‘n ander Infor Ming.le gebruiker se profiel bladsy.