Skuif ’n skakel of vouer

Om ’n skakel of vouer na ’n nuwe ligging in die kieslys te skuif:

  1. Klik-en-hou die skakel of vouer wat jy wil skuif.
  2. Sleep-en-los die skakel of vouer na ’n nuwe ligging.

Jy kan ook op ’n skakel of vouer regsklik om die kontekskieslys oop te maak en uit hierdie opsies te kies:

  • Skuif na nuwe groep

    Die geselekteerde skakel of vouer word aan die end van die kieslys as ’n nuwe groep geplaas.

  • Skuif na groep hier bo

    Die geselekteerde skakel of vouer word na die groep bokant dit geskuif. Die Skuif na groep hier bo-opsie word slegs in die kontekskieslys vertoon as ’n groep bokant die geselekteerde item beskikbaar is.

  • Skuif na groep hier onder

    Die geselekteerde skakel of vouer word na die groep onderkant dit geskuif. Die Skuif na groep hier bo-opsie word slegs in die kontekskieslys vertoon as ’n groep onderkant die geselekteerde item beskikbaar is.