Werk met skakels en vouers

Jy gebruik ’n Kieslys-legstuk om skakels na liggings soos webwerwe, geboekmerkte werwe, e-posadresse en so aan in stand te hou en te organiseer.

Jy kan die skakels as ’n eenvoudige lys organiseer of ’n vouerstruktuur opstel om die skakels te kategoriseer. Jy kan ook skakels en vouers groepeer.

Wanneer jy ’n skakel of ’n vouer by die kieslys voeg, word die nuwe item aan die end van die lys geplaas. Jy kan die item na ’n ander posisie in die lys skuif.

Jy kan ’n vouerstruktuur van tot vier vlakke opstel. As jy ’n skakel of vouer by ’n ander vouer voeg, word die nuwe item aan die end van die lys binne-in daardie vouer gevoeg.

Jy kan ook enige skakel, vouer of skakel binne-in ’n vouer bo-aan die Kieslys vasspeld. Vasgespelde items kan volgens jou voorkeur herrangskik word.