Verstaan gepubliseerde bladsye
Wanneer jy 'n privaatbladsy na die Bladsykatalogus publiseer, word die bladsy 'n gepubliseerde bladsy. ’n Gepubliseerde bladsy is sigbaar vir alle gebruikers in die Bladsykatalogus, tensy jy toestemmings by die bladsy voeg. Gebruikers kan 'n gepubliseerde bladsy by hul bladsye voeg. Wanneer ’n gepubliseerde bladsy weer gepubliseer word, kan alle gebruikers wat daardie bladsy het, die volgende keer wat hulle Infor Ming.le begin, die opgedateerde bladsy sien. ’n Gebruiker kan ’n bladsy ook handmatig verfris om die opdaterings te kan sien.
In die meeste gevalle kan jy nie veranderinge maak aan bladsye wat deur ander gebruikers gepubliseer is nie. Jy kan egter ’n gepubliseerde bladsy dupliseer uit die Bladsykatalogus om ’n privaatbladsy te skep wat jy kan wysig. Nadat jy 'n gepubliseerde bladsy gedupliseer het, sien jy nie meer enige opdaterings op die gepubliseerde bladsy nie.
’n Gepubliseerde bladsy kan nie op dieselfde manier as ’n privaatbladsy gewysig word nie. Jy moet die bladsy herpubliseer deur gebruik te maak van die Publiseer bladsy -modus. Kyk na Wysig ’n gepubliseerde bladsy.
As jy gepubliseerde koppelvlakgeriefies op ’n bladsy gebruik, moet jy daarvan bewus wees dat sommige gebruikers dalk nie na ’n spesifieke gepubliseerde koppelvlakgeriefie sal mag kyk nie. In hierdie geval is die koppelvlakgeriefie nie beskikbaar nie en word dit op die bladsy as gedeaktiveer vertoon. ’n Gepubliseerde koppelvlakgeriefie kan ook opgedateer of verwyder wees nadat jy jou bladsy gepubliseer het. Vir volledige beheer oor jou gepubliseerde bladsy, gebruik slegs standaard koppelvlakgeriefies, koppelvlakgeriefies wat jy self gepubliseer het of gedupliseerde gepubliseerde koppelvlakgeriefies. By die duplisering van ’n gepubliseerde koppelvlakgeriefie kry jy ’n plaaslike kopie van die gepubliseerde koppelvlakgeriefie. Opdaterings van die gepubliseerde koppelvlakgeriefie is nie meer sigbaar nie.
’n Voordeel van die gebruik van ’n gepubliseerde koppelvlakgeriefie op veelvuldige bladsye is dat jy net een koppelvlakgeriefie hoef te herpubliseer in plaas daarvan om verskeie bladsye te herpubliseer nadat jy die koppelvlakgeriefie-konfigurasie verander het.