Voeg ’n e-posskakel by
E-posskakels is skakels wat jou verstek e-posprogram oopmaak en ’n nuwe e-pos skep waarvan die ontvanger bepaal word deur die adres wat in die skakel gespesifiseer is.
- Klik die plus-ikoon (+) op die koppelvlakgeriefie se titelbalk.
- Spesifiseer ’n naam in die Voeg skakel by-dialoog.
- In die URL-afdeling, voeg mailto:<email> by, waar jy <email> verander na die e-posadres wat gebruik moet word.
- Om aan te dui dat dit ’n e-posskakel is, kies die e-pos/boodskap-ikoon.
- Klik op .